DIE Gamtoosvallei is in rou gedompel na Kobus Scheepers, 66, se skielik dood in ’n ongeluk op Donderdag 21 Februarie.

Kobus, of Moos soos hy alom bekend was, was veral bekend as ’n natuurliefhebber.

Kobus se vrou, Kobus en sy vrou, Hetsie, was lief vir mekaar en het saam die lewe geniet. sê hul huwelik was gekenmerk deur kameraadskap, saam toer, saam visvang, saam koor sing en saam voluit die lewe geniet.

Hul vier kinders, Carin, Louise, Maydie en Jakoos, was sy rykdom, sy grootste skat op aarde en hy was baie trots op hulle.

Sy kinders beskryf hom as die beste pa in die wêreld, ’n ongelooflike ondersteuner wat hulle spasie gegun het om hulle lewensdroom uit te leef.

Kobus het van 1964 af op sy plaas Graskop met aartappels, sitrus, groente en tabak geboer.

Hy was betrokke by die toerismebedryf en sy ander plaas, Gonjah, is gewild by toeriste en 4x4 entoesiaste.

Veral Moos se Kloof op Gonjah het hom na aan die hart gelê. Hier het hy ontspan, sy kop skoon gemaak en sy beplanning gedoen, vertel die familie.

Kobus was ’n gemeenskapsmens met vaste Christelike beginsels. Hy was lief vir sy medemens en het hulle graag besoek en ondersteun.

Hy het met groot vreugde en gemak potjiekos vir senior burgers gemaak en gereeld saamkomste gereël.

Sy boerdery was vir hom ’n vreugde en met harde werk het hy sukses bereik.

Kobus het ’n besondere humorsin gehad – altyd reg met ’n grappie, sê sy vriende.

Hy het ’n besonderse liefde vir die veld en die natuur gehad en ’n passie om te toer.

Mense was tot hom aangetrokke oor sy sin van bewaring. Kobus Hy was ’n oordeelkundige jagter en lief vir visvang.

Hy het onlangs ’n droom verwesenlik toe hy die bopunt van Kilimanjaro gereik het.

Hy was vir baie mense ’n woordeboek waarin hul die betekenis van die lewe kon vind.

Hetsie, haar kinders en familie het hul dank uitgespreek teenoor die gemeenskap vir bedank vir hulle ondersteuning gedurende hierdie moeilike en hartseer tyd.

Alle oproepe, SMSSE, blomme, kos en blyke van meegevoel is opreg waardeer.
Loading ...
Loading ...