Piet Liebenberg
DAWIE Roodt, hoofekonoom van Efficient Group, wat mense in die sake en professionele sektor by Mentorskraal op Jeffreysbaai kom toespreek het, meen rentekoerse gaan eers einde aanstaande jaar styg.
Die ekonomiese krisis in Europa en veral Griekeland, sowel as die invloed van die Amerikaanse en Chinese ekonomieë op Suid-Afrika is insiggewend gedek.
Hy het ook onder meer die Minister van Finansies, Pravin Gordhan, se onlangse begroting bespreek.
Dave Frauenstein, plaaslike finansiële adviseur van Efficient Advise, het die besoek gereël. Frauenstein het gesê aangesien dit so suksesvol was, beoog hy dit om Roodt se besoek ‘n jaarlikse instelling te maak.
Frauenstein kan gekontak word op 0422934006 of 0826571559.
Loading ...
Loading ...