Weldoeners kom van ver


KERSFEES het vroeg gekom vir die kinders van die SOS Kinderdorp en die Aids Haven in Salsoneville te danke aan ’n oud-inwoner van die ou Suideinde wat nou in Duitsland woon.



KERSFEES het vroeg gekom vir die kinders van die SOS Kinderdorp en die Aids Haven in Salsoneville te danke aan ’n oud-inwoner van die ou Suideinde wat nou in Duitsland woon.


Judy Schnorr en haar man Werner, wat sy meer as 40 jaar gelede ontmoet het toe hy vir Volkswagen in Suid-Afrika kom werk het, het R22000 vir liefdadigheid ingesamel. Die helfte daarvan is aan SOS Kinderdorpe in Duitsland oorhandig en die res is aan Judy gegee om in Suid-Afrika te help.


Die Schnorrs het die geld ingesamel op ’n aand van sang, musiek en dans wat die Duitse gemeenskap, waar sy nou woon, vir haar gereël het toe sy na meer as 40 jaar se verblyf in die land Duitse burgerskap ontvang het.


"Hulle het my gevra om iets daarmee te doen wat regtig na aan my hart is. Kinders was nog altyd my grootste liefde.


"Toe bel ons die twee organisasies en vra wat hulle nodig het. Ons het Suid-Afrika toe gekom om dit self aan hulle te oorhandig, ” het sê Judy gesê.


subscribe