Toernooi help sokker oorleef


"DIE jeug is die lewenslyn van die Northern Areas Football Association (NAFA). As ons meer belê in die jeug, sal dit net beter vir ons toekoms wees,” het die president van NAFA, Valentine Brink gesê by die NAFA Gelvandale SuperSpar toernooi wat op 14 April plaasgevind het.


Altesaam 12 o-9 en o-11 spanne en hulle ondersteuners in die noordelike gebiede het op die SuperSpar se parkeerplek in Gelvandale toegesak waar die toernooi gehou is.


SuperSpar en NAFA het pryse van R25000 aan die spelers en die ondersteuners uitgedeel. Swallows se o-11 span het in hulle afdeling gewen en die o-9 afdeling is deur Windvogel All Stars gewen.


Brink het gesê die mense van die noordelike gebiede moet help om die klub te ondersteun as hulle wil hê sokker moet hier oorleef.


"Die klub het omtrent 4000 lede maar van hulle moet geld uit hulle eie sakke betaal om die klub te help. Daar is net nie meer geld nie. Ons moet geleenthede soos dié reël om geld in te bring.


"Die sokkerondersteuners moet ’n spanpoging aanwend om ons organisasie lewendig te hou,” sê hy.

subscribe