Spoedbulte vereis klim

MY KANTOOR het 'n hele paar oproepe en e-posse ontvang oor spoedbulte in die wyk.


Ongelukkig is dit nie die raadslid se besluit of 'n spoedbult opgerig kan word nie. Ons kan wel agtergrond en raad gee en ons mening gee of dit ondersteun moet word.


Hoe inwoners die proses kan afskop:


 Eerstens moet 'n petisie opgetrek word;


 Ten minste 80% van die inwoners wat in die betrokke straat woon, moet die petisie onderteken ter ondersteuning van spoedbulte;


 Ná die afhandeling van die proses kan die petisie by my kantoor ingedien word, waarna ek dit aan die betrokke amptenaar sal stuur.


Weens die groot aanvraag, die huidige agterstand en beperkte befondsing vir die oprigting van hierdie maatreëls, word streng prioriteit gegee volgens die huidige beleid vir verkeerbeheermaatreëls.


Die munisipaliteit se huidige verkeersbeleid hanteer versoeke vir verkeerbeheer in die volgende rangorde van prioriteit:


 Vorm deel van 'n omvattende verkeersbestuurplan wat gegrond is op ongeluksyfers en die gedokumenteerde geskiedenis van verkeersveiligheidsprobleme;


 Plasing by openbare geriewe (skole, bewaarskole, kerke, parke, ens);


 Waar daar (wetenskaplik bewys) buitensporige jaery plaasvind;


Waar daar oormatige indringende verkeer is en


 Waar 'n ingenieursanalise 'n verkeerbeheeroplossing regverdig.


subscribe