Spoedbrekers uitgestel

"Die hoë ongelukstatistiek in Walkerrylaan is ’n groot bekommernis vir inwoners en besoekers van die omgewing.


"Aansoeke vir ’n verkeerslig [stemnommer 20070132] op die hoek van Devonstraat en Walkerrylaan, permanente kameras [stemnommer 20080032] en spoedwalle is op my wyksbegroting van die afgelope vier jaar, maar is tersyde gestel weens die N2-uitbreiding en die opgradering van Walkerrylaan.


"Die verkeersdepartement monitor spoedlokvalle met die hoop dat dit die jaagduiwels sal stuit. Die probleem ontstaan egter dat inwoners mekaar waarsku oor die lokvalle.


"Statistieke van oortreders is dus nie ’n getroue weergawe nie.


"In samewerking met die verkeersdepartement is besluit om die botsversperring op die hoek van Walkerrylaan, Caledonstraat en Montrosestraat op te rig.


"’n Groot probleem word met taxi’s en busse ondervind wat nie van die bus-inhamme gebruik maak om hul passasiers op of af te laai nie. Ons is meegedeel dit is die passasiers se keuse waar hulle wil afklim.


"Onwettige nagrenne vind gereeld, veral oor naweke, plaas.


"Ons doen alles in ons vermoë dat spoedbrekers opgerig word.”


subscribe