Slaggate word al groter, gevaarliker

‘n INWONER van Lorraine wat anoniem wil bly, skryf daar is soveel slaggate op pad skool en werk toe dat sy baie keer aan die verkeerde kant van die pad moet ry.
“Die baie reën onlangs in die Baai het tot nog meer slaggate gelei en dié wat reeds daar was, is nou heelwat groter. Van die slaggate is baie groot en diep en dit kan groot skade aan voertuie veroorsaak.”
Wyk 8 se raadslid, Gustav Rautenbach, het gesê hy het reeds talle klagtes ontvang.
“Een van die hoofredes vir die slaggate, is die swak onderhoud van die paaie.”
Volgens Rautenbach word die gehalte van die werk ook bevraagteken.
“Baie van die slaggate is al voorheen herstel en moet weer reggemaak word. Daar is egter nie daarvoor begroot nie – slaggate word net opgevul en nie behoorlik reggemaak nie.”
Hy het bygevoeg daar is te veel slaggate vir die munisipaliteit se beskikbare mannekrag.

Leave a Reply

Please keep in mind that comments are moderated according to our comment moderation policy. Your email address is required but will not be published.