SA se top-ruiters in Lorraine

Algoa Sun verslaggewer

ORGANISEERDERS van die jaarlikse perdespringkompetisie om vir die Nissan-wêreldbeker te kwalifiseer, is beïndruk met die publiek se bywoning vanjaar.

Die kompetisie is by die Port Elizabeth Riding Club in Lorraine gehou, wat dit saam met die Eastern Cape Horse Societygeorganiseer het.

Top Suid Afrikaanse perderuiters het deelgeneem. Die hoogtepunt, die 150m-wêreldbekerkwalifiseerderklas, is deur Lian Stevens op sy perd Wanda gewen.

Die span van die Wes-Kaap het die interprovinsiale volwasse afdeling gewen, gevolg deur KwaZulu-Natal in die tweede plek, Gauteng derde en die Oos- Kaapse span in die vierde plek.

Die Baaise ruiter, Jade Hook, het die tweede plek behaal in die Horse Etc Welcome Stakes-kompetisie.

As een van vanjaar se bene in die Nissan-wêreldbekerkompetisie, het dit ook die Nissan Grand Prix-ruiterstoer, die Mini Grand Prix- ruiterstoer en die SA Interprovinsiale spankompetisie ingesluit.

Die kompetisie was straf en van die perde moes onttrek word.

Leave a Reply

Please keep in mind that comments are moderated according to our comment moderation policy. Your email address is required but will not be published.