Hokkiester belê sy tyd in kinders


VIR Jason Flanagan, 21, is dit belangrik om nie sy hokkietalent te mors nie – daarom belê hy sy tyd in kinders om hulle dieselfde geleenthede te gee as wat hokkie vir hom gebring het.


Saterdagoggende help hy tussen ses en 12 kinders van Gelvandale om hulle hokkie te verbeter.

"Ek glo dat God my geseën het met ’n talent. En ek wil die kinders so ver as moontlik stoot want ek wil hê sport moet hulle help soos dit my gehelp het.”


Die regterskakel wat al agt keer vir die OP-span gekies is slyp al 15 jaar aan sy sport. Hy speel nou klubhokkie vir die Lakeside Cavaliers in Gelvandale se eerste span.


"Ek het al deur die hele Suid-Afrika getoer as gevolg van hokkie. En dit het my ook gehelp in my akademiese en sosiale lewe.”


Flanagan het op vyf sy eerste stok in sy hande gehad het by die Uitenhage mini-hokkieklub.

Hy sê dié klub en sy pa, Shaun, wat vir Wes-Kaap hokkie gespeel het, het sy basis gelê.


subscribe