Broers trek ook buurt se gehore


DIE Le Roux-broers Eon en Stanley, oorspronklik van Malmesbury in die Wes-Kaap, wat in 2000 na Westering toe getrek het, sê daar is geen ander plek waar hulle sal wil bly nie.


Stanley sê van hulle by hul nuwe huis ingetrek het, het hul bure hulle laat welkom voel.


"Ek en my broer was nog baie klein toe ons na die Baai toe getrek het. Ons pa was ’n dominee in die Kaap en is toe na ’n gemeente hier in die Baai beroep.


"Ons wou glad nie trek nie, maar ons was skaars hier, toe kom ons bure ons help uitpak,” vertel Stanley.


Die talentvolle broers het nou saam met hul vriend Wikus Prinse hul eie sanggroep – Life Lyne – op die been gebring. Hoewel hulle die meeste van die tyd in kerke in die noordelike gebiede sing, tel die gemeenskap van Westering ook onder van hul grootste ondersteuners, volgens Eon.


"Ons is lidmate van die Bethelsdorpse Sewendedag-Adventiste kerk waar ons die meeste van die tyd sing. Maar die mense van Westering ondersteun ons ook. Die predikant van die PE Wesgemeente, Westering, het ons onlangs gevra om vir hulle jeug te sing.


"Verlede maand het ons ons eerste konsert gehou. Ons moes baie hard by die huis oefen en die klank trek, maar ons bure het nooit gekla nie. Een van hulle het selfs oorgekom en ’n kaartjie gekoop!” vertel Eon laggend.


subscribe