Agt leerlinge vir karate na Brasilië

VIR agt kinders van die Karate-instituut Michael Kliment in Westering is dié week ekstra spesiaal. Hulle het na Brasilië vertrek om aan ’n wêreldkampioenskap deel te neem.
Die wêreldkampioenskappe van die Verenigde Karate-organisasie het vandag begin en duur tot 22 Julie in Teresina, Brasilië.
Die agt lede wat die karateklub verteenwoordig, is: Pascale en Ruark Potgieter, Ethan Knoetze, Megan en Shane Hall, Johannes Lourens, Chad Jones en Mikaila Kliment.
Pacale, 11, het gesê sy is verskriklik opgewonde om deel te neem.
“Ek sien baie daarna uit om Rio de Janeiro te sien en wil graag ’n karnaval sien,” het sy opgewonde gesê.
Hulle gaan teen spanne van die VSA, Argentinië en ander Europese lande kompeteer.
Die groep het die afgelope paar weke baie hard gewerk om geld in te samel vir die sowat R22000 wat dit elke spanlid gekos het om deel te neem.
Volgens die organiseerders is al die kinders baie opgewonde oor die toer.
Hulle het ook gesê karate leer die kinders dissipline, koordinasie, gesinswaardes en verantwoordelikheid.

Leave a Reply

Please keep in mind that comments are moderated according to our comment moderation policy. Your email address is required but will not be published.