Kabega is slaggereed vir goud


DIE meeste van die spanlede is oor die 70, maar hulle oefen elke week en 11 van hulle is fiks en goed genoeg om aan die Provinsiale Goue Spele in Oos-Londen te gaan deelneem.


Die span van 11 inwoners van die Louis Dubb-tehuis in Kabega, voldoen aan die belangrikste vereiste – hulle is almal oor die 60. Die datum waarop die toernooi sal plaasvind, word eers vandag aangekondig.


Tien van die spanlede gaan aan bal-aflos deelneem en een aan rugbybalgooi.


Die kerngroep van die spelers is saamgestel uit die span wat elke jaar aan die ACVV se sportdag vir ouer mense deelneem.


Dié sportdag is die span se motivering om 'n groep byeen te bring wat jaarliks uitgebrei word. Die span oefen elke Dinsdag van 2nm tot 3nm.


Die lede van die span is: Anthony Hiles, 74; Reinet Hiles, 62; Andries du Piesanie, 70; Edna du Piesanie, 69; James Jonas, 69; Felicity Jonas, 70; Ning Hop Hing 75; Charlotte Hop Hing, 76; Margaret Snyman, 71; Freda du Plessis, 78 en Johanna Marais, 73.


subscribe