Klop die petrol prys so

Piet Liebenberg
VIR diegene wat hul oor die stygende petrolprys bekommer het Koos Oosthuizen van Astonbaai raad.
Hy beveel sy E-Bike aan. Hy sê teen slegs R3 per 100km is dié elektries aangedrewe fiets een van die mees ekonomiese maniere om van punt A tot punt B te kom.
Oosthuizen het die verspreidingsregte om die fiets in die Kouga te bemark. Die fiets se elektriese motor trek krag van ‘n battery wat na sowat twee uur se ry herlaai moet word, sê hy.
"Die fiets is baie omgewingvriendelik – geen fossielbrandstof word gebruik nie en geen skadelike gasse word vrygestel nie,” sê Oosthuizen.
'n Mens het glad nie ‘n bestuurslisensie nodig nie en dit is ook nie nodig om die fiets te lisensieer nie, sê hy.
"Volgens regulasies moet die bestuurder egter ‘n valhelm dra.”
Hy sê die fiets het ‘n handige bagasierak voor en agter en behoorlike ligte en flikkerligte. Die fiets is in Worcester in die Wes-Kaap in oorleg met die oorspronklike Chinese vervaardigers ontwikkel, sê hy.
Die E-bike kos sowat R6000, heelwat minder as ‘n bromponie, sê hy.
Sy maksimum spoed is 30 km per uur en kan soos enige fiets getrap word indien die battery pap word of meer krag nodig is by baie steil opdraandes. Kontak Oosthuizen by 071-686-0457 of e-pos .

subscribe