Kleindorpse Blues

EK vermoed om in ‘n klein dorpie te leef is baie soos om in ‘n sepie te speel, net baie meer vol drama.
Sewende Laan se gaai, kry ‘n film crew met kameras en genoeg film en volg net van my pelle, kennisse en ‘n paar welbekende locals rond. Dis baie beter entertainment as Kendra, die Kardashien's of Gordon #&%@ Ramsay.
Hier is mense wat op Jeffreys bly wat ek sweer wegkruip in een of ander witness protection program.
Ek het in ‘n stadium langs sulke mense gebly. In die twee jaar of so wat ek daar gewoon het, het ek hulle net een of twee keer gesien maar dan het hulle my vinnig ge-dodge voor ek kon kennis maak of hallo sê. Dit maak nie saak hoe warm dit buite was nie hulle deure en gordyne was altyd so toe soos ‘n klei-os se neusgate.
Ek loop maar ligtelik vir, en is agterdogtig oor, ‘n ou wat nooit braai nie. Dis amper soos die perd wat jy ontmoet wat jou vinnig vertel hoe ‘n groot Christen hy is terwyl hy reeds planne gemaak het om jou te bed....r. Ek het hoeka hier al ‘n paar karakters ontmoet wat so vervlaks skelm is dat die waens onder ‘n skuilnaam moet bid.
Dan is baie van ons locals ouer mense wat klaar afgetree is. As ons nou wil eerlik wees dan is dit tog maar so dat ou mense in een van twee klasse val. Hulle is óf die greatste siele op die aarde óf die moelikste, mees omgekrapte bevoeterde skepsels onder die son. Nou is daar niks in die wêreld wat kan kers vashou of huishou met ‘n Grumpy Old Man (gom) nie.
Hy is niemand se maat nie. So ‘n ou oom sal jou met sy kierie bykom sonder enige raam of rede. Ek sal eerder vir Dereck Chisora in ‘n donker ally face as om met ‘n gom wat ambei-probleme het te moet onderhandel. ‘n Ou tannie wat elke dag met so ‘n ou kêrel moet saamleef, kan self ook op haar dag half skuins vertoon wanneer die geneigdheid haar vat.
Dit is geen wonder die polisie beskou eers die oorlewende lid van die egpaar as die hoofverdagte wanneer ‘n getroude mens vermoor word nie. Soos die een ou oom geseg het – hy het sy vrou verloor weens siekte... sy was siek en sat vir sy nonsens en het toe maar haar goedjies gepak en laat waai.
Om te kan survive in onse dorpie moet ‘n man oor ‘n goeie humorsin en ‘n wye reeks planne beskik.
Jeffreys is nou so ver heen ek hoor selfs die Billabong Pro Surfing contest gaan ge-downgrade word.
Dan is daar ook ‘n rumour dat comedy hour nou vervang word met live crossings na ons council chambers meetings toe. Dis in die algemeen goed om eerste te kom maar wanneer jy loshande wen as die deurmekaarste mislikepaliteit in die Oos-Kaap dan is genoeg ook seker genoeg.
Die bottom line bly vir my maar nog dieselfde, met al sy uitdagings en issues, J'Bay en sy unieke mense rule.
Andre Bloom

subscribe