Jongste en ook die beste

CINDY LIEBENBERG
OP die skrale ouderdom van 13 jaar is Jeffreysbaai se swemsensasie, Caro de Jager, ook besig om die tweekamp-arena aan die brand te hardloop en swem.

Sy moet teen meisies deelneem wat gemiddeld twee jaar ouer is as sy, maar sy staan geen duit terug vir die kompetisie nie.
By die tweekamp-proewe wat vroeër vanjaar gehou is, het sy gekwalifiseer om die Oostelike Provinsie te verteenwoordig op ‘n interprovinsiale byeenkoms wat die afgelope naweek in Port Elizabeth gehou is.
Spanlede van die Vrystaat, Griekwas, Grens, die Oostelike en Westelike Provinsies en SWD het kragte gemeet.
De Jager het ‘n silwer medalje in die onder15-afdeling vir ‘n tweede plek ontvang.

Sy het ook die prys gewen vir die vinnigste swemtyd wat van al die deelnemende vroue aangeteken is.

subscribe