Derde C-fees in Jeffreysbaai

DIT is vanjaar die derde keer dat ‘n Christusfees op Jeffreysbaai gehou sal word. Dit word vanjaar van 5 tot 8 April gehou.
Die fees het ontstaan om Jesus se naam groot te maak en Sy lof te besing. Die feesprogram is rondom dié idee beplan.
Omdat Jesus se kruisiging en opstanding en wat dit vir Christene beteken oor Paasfees gedenk word, word die C-Fees oor die Paasnaweek gehou. Dit begin Donderdagaand met ‘n Bybelse feesmaal, aangebied deur Global Leadership Academy. Die Vrydagmiddag en -aand word ‘n Passiespel opgevoer. Saterdagoggend is Tekkies vir Jesus op die program – ‘n vyf en 10km stap/draf. Daarna gaan plaaslike orkeste, pastore en dominees lofprysing hou. Die Saterdagaand tree Retief Burger en ander plaaslike orkeste op.
Sondagaand word ‘n gesametlike diens aangebied wat deur Jan de Wet gelei sal word.
Die organiseerders nooi almal om die verrigtinge mee te maak.
Die Christusfees was ‘n visie van ‘n plaaslike inwoner om ‘n fees aan te bied wat toeganklik is vir almal in die Kouga.
Die komitee bestaan uit vrywilligers van alle kerkverbande. Die fees is nié ‘n fondsinsameling nie.
Belangstellendes wat by die fees betrokke wil raak, ‘n donasie wil skenk of as borg wil optree, kan Alinda by 082-552-0298 kontak of e-pos

subscribe