Caro blitsig op land en in water

Cindy Liebenberg
JEFFREYSBAAI se nuutste swemsensasie, Caro de Jager, is vinnig besig om ook naam te maak in die atletiekwêreld.
Kort na haar onlangse eerste plek in haar ouderdomsgroep in die Redhouse Myl het sy die afgelope naweek nie net goud los gehardloop nie, maar is sy ook vir die Suid-Afrikaanse span gekies toe sy aan die Oostelike Provinsie se tweekampkampioenskappe in Port Elizabeth deelgeneem het.
Caro wat in die o-13 ouderdomsgroep as swemmer deelneem, moes in die tweekamp teen meisies in die o-15 ouderdomsgroep meeding en dit maak die afgelope naweek se prestasie soveel groter. Sy gaan nou op 7 April as deel van die Suid Afrikaanse span in Kimberley deelneem.
In vanjaar se Redhouse Myl het sy algeheel negende geëin- dig uit 279 vroue en die afdeling vir o-13 gewen. Sy is ook opgeneem in die OP se ope waterswemspan wat van 14-15 April aan die SA kampioenskappe in Durban gaan deelneem.
Sy het ook gekwalifiseer om aan die SA swemkampioenskappe van16 tot 20 Maart in Port Elizabeth deel te neem.

subscribe