Parkie in Salviasingel skrik inwoners nou af

ONS kantoor ontvang al hoe meer klagtes van inwoners oor die parkie in Salviasingel.

Dit was destyds 'n parkie vir die gebruik van gesinne om saam te kan ontspan, maar dit het nou in 'n bymekaarkomplek vir boemelaars en onwettige smouse ontaard.

Boemelaars gebruik die toiletgeriewe as skuiling. Dit veroorsaak dat daar soms brande uitbreek en stukkende bottels en glas oral rondlê.

Dit skrik inwoners af om deur die parkie te stap om by die nabygeleë winkelsentrum uit te kom.

My kantoor het reeds die munisipaliteit in kennis gestel van dié probleme en ek hoop hulle sal dit ondersoek en optree. Ons wag nou vir terugvoering van die munisipaliteit.

Ons het ook die polisie van die probleem verwittig en die onwettige aktiwiteite by hulle aangemeld. Hulle het gesê hulle gee aandag aan die probleme.

Ek vra dat inwoners wat onwettighede soos vandalisme sien gebeur, dit by die Kabegapark se polisie aanmeld en ook by my kantoor.

Ons het die hulp van die gemeenskap nodig om die probleme suksesvol op te los.

Baie dankie aan die inwoners van my wyk wat my kantoor in kennis stel oor kommerwekkende aangeleenthede. Ek waardeer dit.

subscribe